Wikipedia en Afrikaanse Ateïste

Vanoggend steek ek toe op die Afrikaanse weergawe van Wikipedia vas. Ek gebruik gewoonlik die Engelse weergawe omdat dit veel meer inligting bevat, maar miskien beteken dit ek is deel van die probleem. As daar geen skeptici werk aan die Afrikaanse wiki nie, gaan die gelowiges altyd hulle kant stel sonder enige weerstand. Lees meer Wikipedia en Afrikaanse Ateïste

Advertisements

Uitverkore

kinderbybelNoudat ek opnuut oor al dié dinge dink, val dit my mos op dat ek die Ou Testament lank terug gelees het.  Gisteraand wonder ek mos presies hoe Abraham se storie begin, en lees toe ‘n bietjie weer in Genesis.

Soos wat ek lees onthou ek die prentjies uit die Kinderbybel wat ons gehad het as kinders.  (Angus McBride se illustrasies is gewoonlik die basis van hoe ek my enigiets uit die Bybel voorstel) Só onthou ek Noag se ark, en die reënboog daarna, en die toring van Babel.  Maar ek het nie ‘n prentjie vir ‘n kort verhaaltjie in Genesis 12 nie.  Abram en sy familie kom skaars in die beloofde land aan, of daar’s ‘n hongersnood en hulle vlug Egipte toe.  Daar aangekom, en Abram se blink plan om te verhoed dat enige Egiptenaar hom doodmaak ter wille daarvan om Sarai by hom te steel is om te sê hulle is broer en suster.  Kort voor lank is die farao op haar verlief, en neem haar om by hom in sy paleis te gaan bly. Lees meer Uitverkore

Die enigste redder en verlosser

Soos ek reeds geskryf het, is die idee van die sondeval vir my problematies.  Die verhaal is duidelik ‘n mite, ‘n eenvoudige etiologiese verhaal om te verduidelik hoekom die lewe dikwels onaangenaam is.  Wat my opval is dat God baie duidelik sê wat die straf vir die mens se ongehoorsaamheid is: Swaarkry, harde werk, pyn en eindelik die dood.  Hy stuur nie Adam en Eva hel toe nie, en hy sê ook nie dat daar enige manier is om saligheid te herstel nie.  Die verhaal is ‘n mitologiese verduideliking vir hoekom mense swaarkry en sterf. Lees meer Die enigste redder en verlosser