Wat ek glo

Toe ek begin aanvaar dat ek God laat vaar het, was daar ‘n nuwe vraag in my gedagtes.  Ek het baie gedink oor wat presies dit beteken om te glo.  Wat is geloof?  Glo ek regtig enigiets?

Solank ek die verstand en die oordeel het om te ondersky tussen dit wat ek weet, en dit wat ek nie weet nie.  Solank ek myself afvra: “Hoe seker is ek hieroor?  Wat is die rede vir my sekerheid?” Solank ek dít doen, hoef ek niks te gló nie.  Ek kan weet of ek kan hoop.  Glo is hoop of vrees wat vir jou soos kennis lyk.

Glo is nie net nutteloos nie.  Glo is gevaarlik.  Geloof is ‘n verskoning om op te hou soek, om die waarheid te ignoreer.  Dít is hoekom gelowige organisasies so dikwels polities konserwatief is, en onregverdige standpunte ondersteun.  Om die dwaasheid van Apartheid in te sien moet ‘n mens darem bietjie die situasie van iemand anders se standpunt kan sien, maar as dit jou gewoonte is om te glo jy’s reg sonder goeie rede, is dit ‘n moeilike ding om te doen.  Net so met voorbehoedmiddels en regte vir vroue en gay mense.

As die kerk ‘n meerdere morele kode besit het, hoekom is dit dat die sekulêre wêreld vir positiewe sosiale veranderinge moet verantwoordelik moet wees?

So, nee, ek glo nie.  Ek probeer om nie enigiets te glo nie.  As iets belangrik is, is dit die moeite werd om uit te vind.  Dit is só maklik, deesdae.  Ons hoef nie in die donker te lewe nie.  En die idee dat dit deugsaam of eerbaar is om feite te verwerp ter wille van hoop en vrees, daardie idee se dag kom.

Avatar fb
Apostaat
Advertisements

Published by

Apostaat

Eks-christen, nou geloofsvry. Altyd bereid om ander se standpunte in ag te neem. Ek wil graag 'n gesprek voer oor geloof, kennis en oortuiging. https://www.facebook.com/Apostaat/

One thought on “Wat ek glo”

  1. Jy vra die graag, “As die kerk ‘n meerdere morele kode besit het, hoekom is dit dat die sekulêre wêreld vir positiewe sosiale veranderinge moet verantwoordelik moet wees?” In terme van vroueregte en gay mense.

    Dit is ‘n absolute rebelle teen God se gesag. Kyk waar het jou sogenoemde positiewe sosiale veranderinge ons nou gelei. In New York is daar nou 61 genders en as jy die verkeerde pronoun gebruik dan word jy $250,000 beboet. Jy mag enige badkamer gebruik of stort sonder ‘n ondersoek van ‘n sielkundige of dokter of brief of in ‘n prosess van transformasie nie. Jy kan bloot, soos die “gender fluid” mense, een dag is jy manlik ander dag vroulik en die volgende ‘n “ze”.

    Vroue regte het nou tot ‘n punt gekom waar dit ‘n absolute grap is. Die huidige feministe is so sigopaties mal, dat dit amper onwaar is. Vroue het nou vol regte, maar in plaas van om te ontbind is hulle besig on onsigbare vorme van masogisme te beveg. Net soos die swartes in Suid-Afrika nooit sal ophou om te “demand” en te vat nie. Hulle sal nooit tot ‘n punt kom van, genoeg, hulle is nou tevrede nie. Daar moet alteid ‘n struggle wees.

    Pedofiele beweer nou dat hulle net soos die LPDQ mense wil regte he, en dat die oderdom om toestemming te gee verlaag moet word na 4 jaar. Dus ‘n 4 jarige dogterjie kan toestemming gee vir seksuele gemeensap. Op wat se beginsel kan jy as ‘n ateis hom, die pedofiel se mensereg weier om met 4 jariges gemeenskap te he?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s