Wikipedia en Afrikaanse Ateïste

Vanoggend steek ek toe op die Afrikaanse weergawe van Wikipedia vas. Ek gebruik gewoonlik die Engelse weergawe omdat dit veel meer inligting bevat, maar miskien beteken dit ek is deel van die probleem. As daar geen skeptici werk aan die Afrikaanse wiki nie, gaan die gelowiges altyd hulle kant stel sonder enige weerstand.

Wie se verantwoordelikheid is dit om kennis beskikbaar te maak? Toe ek begin het met hierdie blog, was dit moeilik om enige teken te vind van ‘n gesprek oor ongeloof en rasionaliteit wat in Afrikaans plaasvind. Hoeveel erger moet dit nie wees vir iemand wat nie goed Engels praat nie? Dit is hoekom ek nou onderneem om werk te maak van die Afrikaanse wiki.

Kyk byvoorbeeld hoe die huidige artikel sirkelredenasie beskryf:

‘n Sirkelredenasie (Engels: “circular reasoning”) is ‘n logiese denkfout waar die persoon begin by die punt waar hy wil eindig.

‘n Voorbeeld van sirkelredenering is wanneer iemand ‘n fossiel se ouderdom bepaal uit die ouderdom van die gesteentes waaruit dit kom, en die ouderdom van die gesteente word bepaal uit die ouderdom van die fossiel.

Die voorbeeld kom reguit uit Kent Hovind se eindelose kritiek op evolusie, waarin hy allerhande onsin aanvoer as feitelik.  ‘n Familielid (wat sederdien verdwyn het in ‘n charismatiese kerk in) het jare terug dié videos vir my gesin gegee, en ek wil steeds slange vang as ek daardie ghrieserige soort stemtoon hoor.  Hovind, soos baie van die Amerikaanse kreasioniste, praat asof almal kinders is. Ek hoop ek hoef nie hier te verduidelik dat sy praatjies vol leuens is nie.  Die sirkelredenasie wat hy in die video noem en wat iemand toe netjies op Wikipedia sit is onsin:  paleontoloë en forensiese wetenskaplikes gebruik ‘n hele klomp verskillende metodes om die ouderdom van steen, fossiele en ander voorwerpe te bepaal.

So, ek daag ander Afrikaanssprekende skeptici uit om ook aan Wikipedia te werk.  Vertaal artikels, voeg artikels by, wysig inhoud wat foutief of misleidend is.  Vanoggend het ek die artikel oor “intelligente ontwerp” herskryf (en baie hard gewerk daaraan om nie die heeltyd sarkastiese aanhalingstekens te gebruik nie) en ek gaan oor die volgende paar weke aan verwante onderwerpe werk.

En wat sal ek skryf wanneer ek die artikel oor sirkelredenasie regmaak?  Ek weet nog nie, maar ek het lus om dít te gebruik:

wasmasjien

Avatar fb
Apostaat
Advertisements

Published by

Apostaat

Eks-christen, nou geloofsvry. Altyd bereid om ander se standpunte in ag te neem. Ek wil graag 'n gesprek voer oor geloof, kennis en oortuiging. https://www.facebook.com/Apostaat/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s