Woedend

Ek het stilweg vir God laat vaar, saggies agter by die kerk uitgesluip en net nie weer teruggegaan nie. Vir ‘n ruk het ek nog die regte soort geluide gemaak sodat ek nie daaroor hoef te praat nie. By ‘n partytjie het iemand genoem dat ek ‘n Christen is – ek het tog voorheen só geïdentifiseer – en ek het niks gesê nie. Dit het my bitter ongemaklik gemaak, maar ek was oortuig dit sou erger gewees het as ek sou verduidelik. Ek was half bang mense sou van my verwag om godsdiens te kritiseer, of om presies te artikuleer hoe ek by my posisie uitgekom het. Lees meer Woedend

Advertisements

My moeder en haar taal

Toe ek uiteindelik vir my ma vertel dat ek nie in God glo nie, is ek amper teleurgesteld dat sy só min reaksie het.  Al wat sy doen, is om onmiddelik te besluit ek het selfmoordneigings.  Sy is nie opgewerk oor ek nou hel toe gaan, of omgekrap dat ek effektief laat blyk ek dink sy is delusional nie.  Sy is nie kwaad dat ek die God wat sy só lief het verwerp nie. Lees meer My moeder en haar taal