Woedend

Ek het stilweg vir God laat vaar, saggies agter by die kerk uitgesluip en net nie weer teruggegaan nie. Vir ‘n ruk het ek nog die regte soort geluide gemaak sodat ek nie daaroor hoef te praat nie. By ‘n partytjie het iemand genoem dat ek ‘n Christen is – ek het tog voorheen só geïdentifiseer – en ek het niks gesê nie. Dit het my bitter ongemaklik gemaak, maar ek was oortuig dit sou erger gewees het as ek sou verduidelik. Ek was half bang mense sou van my verwag om godsdiens te kritiseer, of om presies te artikuleer hoe ek by my posisie uitgekom het.

Soos wat ek vir my ma vertel het, was ek nooit kwaad vir God nie. Oor sy afwesigheid het ek geen twyfel gehad nie, so daar is geen sin in woede teenoor hom nie.  Ek kon nog goed onthou wie ek was toe ek geglo het – in soveel ek ooit geglo het – so ek was nie bereid om te begin oordeel nie.  Ek wou net die hele storie los.

Mettertyd was daar wel iets wat my pla.  Toe ek nog ‘n Christen was, kon ek goed verskoning maak vir die kerk: ons is mense, ons is almal mense, en mense maak foute.  Dis hoekom die kerk verantwoordelik kan wees vir homofobie, vir Apartheid, vir die Kruistogte.  Noudat ek vry is van die kerk, van geloof en van godsdiens, wat sê ek nou?  Want, sonder God is die kerk letterlik net ‘n spul mense.  En ja, mense maak foute.  Maar die rede hoekom die kerk langer neem as die res van die samelewing om hulle eie foute raak te sien is omdat hulle dink hulle optrede word deur God regverdig.  Sonder God is die kerk bloot ‘n klub wat reken hulle weet beter as die res van ons.

Dit was nie omdat ek kwaad was vir God nie, en dit was ook nie omdat ek kwaad was vir die kerk nie.  Ek is stilweg vort, en dit was eers toe ek van ‘n afstand af terugkyk – toe ek lankal al ‘n ateïs is – dat ek sien hoe godsdiens skade doen.

Sodra iets aan God toegeskryf kan word gee dit ‘n mens toestemming om nie verder te dink nie.  Enigiemand wat verskonings soek om nie te dink nie maak my woedend.  Dit is hoekom ek nou skryf oor hierdie onderwerp.  Want ek ís woedend, oor wat Apartheid aan my land gedoen het, met die kerk se steun.  Oor die flippen Voortrekkers regtig vir hulleself kom vertel dat hulle oppad was na die beloofde land toe.  Oor al die onnosele wette en onmenslike wreedheid.  Oor miljoene mense se verdrukking.  Oor miljoene families se onwrigting.

En dis nie net die rasseafsondering nie: Ek is woedend oor die stigma van egskeiding en die behandeling van gay mense.  Oor die seksisme en die afsondering en al die omies wat deesdae agter hulle pense aan waggel en praat oor “die goeie ou dae”.  En die feit dat ek steeds nie myself hier wil identifiseer nie, al weet ek ons moet hieroor praat want dit is eenvoudig dom dat Afrikaanssprekende ateïste nou nog moet dink hulle is alleen.  Ons is nie alleen nie.  Daar is baie van ons, selfs al is party van ons nog in die kerk.

Advertisements

Published by

Apostaat

Eks-christen, nou geloofsvry. Altyd bereid om ander se standpunte in ag te neem. Ek wil graag 'n gesprek voer oor geloof, kennis en oortuiging. https://www.facebook.com/Apostaat/

3 thoughts on “Woedend”

  1. Waar lei ‘n wereld sonder geloof ons. Hierdie week het Laurel Hubbard, voorheen bekend as Gavin, en nou die eerste transgender, van man na vrou, wat die internasionale vroue gewig optel titel in Australie gewen het.

    As hy deelgeneem het as ‘n man, sou hy nie eers in die top 20 gekom het nie, maar nou in die vroue afdeling, tel wen hy nie net die kompitisie nie, het stel sommer 4 records op.

    Hoekom sal ‘n vrou, ‘n loobaan as ‘n profesionele sportsvrou volg en al die opofferings maak, as ‘n gebore man sommer kan beweer dat hy nou voel soos ‘n vrou en daar is niks wat sy kan doen om sy vlak te bereik nie.

    Jy as ateis kan geen komentaar lewer nie en het geen morele argument om op te staan nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s