Beplande protes by Reason Rally 2016

Op 2 – 5 Junie vanjaar gaan die tweede Reason Rally in Washington DC plaasvind.  Verskeie organisasies werk saam met die doel om godsdiens uit die regering te hou, met veldtogte vir wetenskaponderrig en gay regte en teen staatsondersteuning van godsdienstige organisasies.

Een van die mense wat daarna uitsien is Ray Comfort, kreasionis en Nieu-Seeland se nasionale verleentheid.  As jy nie bewus is van hom nie, kyk gerus hierdie wonderlike video waarin hy verduidelik hoe ‘n piesang kan gebruik om te demonstreer dat God die wêreld geskep het:

Comfort beplan nou om soveel Christene moontlik by Reason Rally te vergader, want hy het ‘n boek om te verkoop en ‘n film om te bemark.  Sy plan is om “uit te reik na die verlorenes”en die kans te gebruik om materiaal te vergader vir sy televisieprogram.

Mense soos Comfort praat nie met ateïste omdat hy dink hy sal hulle oortuig nie.  Hy doen dit omdat hy daarby kan baat.  Dit is goeie besigheid om vir jou volgelinge te kan sê: “Kyk, daar is hulle! Die bose ateïste.  Haat hulle, maar sê jy kry hulle jammer.  Leer hoe in my nuwe boek!”

Hy praat nie mense om die, hy stook net dié wat reeds met hom saamstem.  Dit is hulle wat hom betaal, en hulle gee nie om hoe verkeerd hy is nie.  Die ateïste wat Reason Rally gaan bywoon voel waarskynlik niks meer as irritasie oor Comfort se plan nie, maar ek hoop dat dié irritasie nie oorvloei in konfrontasie nie.  Die beste ding wat hier kan gebeur is dat Comfort se film niks meer skrikkerig as respekvolle gesprekvoering kan wys nie.  Hy sal natuurlik sy beste doen om die materiaal só te redigeer dat sy opponente so dom en oneerlik moontlik voorkom.  Ek raai nie nou sommer nie, kyk wat gebeur in die lokprent vir sy film “Audacity”:

Die hele ding is ‘n appeal to feels en die ateïs-karakter is ‘n strooiman, en ergste van alles is dat die redigering die indruk skep dat mense oorreed is deur een of ander argument wat ons slegs sal kan hoor as ons die hele film sou kyk.

Is daar ‘n manier waarop Comfort se betrokkenheid by die Reason Rally die ateïste kan baat?  Ek dink so.  Comfort sal kort voor lank weer iets doen wat homself laat onnosel lyk, al sal dit waarskynlik nie hom veel steur nie.  ‘n Mens kan nie soveel onsin praat sonder om te dink die son skyn uit jou jis nie:

More_Than_Just_Comfort
It doesn’t look like a comfortable g-string.

Dit is wel moontlik dat ‘n paar van die mense wat saam met Comfort opdaag sonder hom sal weggaan.  Dit is bitter moeilik om blindelings aan jou vooroordeel vas te hou as jy eers iemand ontmoet het wat dit verkeerd bewys, so ek hoop opreg dat die ateïste wat met dié Christene gesels respekvol en redelik te werk sal gaan.

Advertisements

Published by

Apostaat

Eks-christen, nou geloofsvry. Altyd bereid om ander se standpunte in ag te neem. Ek wil graag 'n gesprek voer oor geloof, kennis en oortuiging. https://www.facebook.com/Apostaat/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s