Steven Anderson en haatspraak

Vandag kan ‘n mens sommer trots wees op Suid-Afrika: Amerikaanse haatprediker Steven Anderson kondig af dat hy siele wil kom wen, en byna onmiddelik maak ons dit baie duidelik dat hy nie welkom is nie.  Sy uitlatings dat alle gay mense pedofiele is, dat hulle verdien om tereggestel te word, dat terroriste wat hulle vermoor die wêreld ‘n guns doen, kan tog nie anders as om ‘n mens om te krap nie.

Ek moet erken ek geniet die gedagte dat Anderson êrens sit en wonder hoe dit gebeur het.  Afrika is mos veronderstel om gereed te wees vir luidkeelse geestelike largesse en ingevoerde homofobie.  Dit werk in ander Afrika-lande:

Maar in Suid-Afrika is daar ‘n petisie om Anderson uit te hou.   Die besighede waar hulle van plan was om te vergader het almal laat weet hulle sal dit nie toelaat nie.  In my verbeelding sit Anderson êrens in ‘n hopie en wonder hoe dit alles gebeur het.  En miskien, net miskien, sal hy besef dat gay mense mense is.  En dat mense in Afrika mense is.  Dit is dalk te veel om voor te hoop dat hy die Bybel sal laat vaar, maar hy moet darem een of ander tyd wonder.

Hulle sê dit darem nou vir hom in die moedertaal van die VSA: Verskeie besighede weier nou om met hom besigheid te doen, nie net in Suid-Afrika nie, maar in Amerika, waar Paypal, Apple en fondsinsamelings-plaforms sy rekeninge sluit.  Hulle doen dit dalk om hulle gewildheid te beskerm, maar die redes maak nie vreeslik saak nie.

In Suid-Afrika kan ons trots voel dat ons grondwet sulke regte beskerm.  Ons kan die grondwet gebruik om ‘n beter nasie te wees.  Is dit nie wonderlik nie?  Ons sal ‘n voorbeeld wees vir hoe Afrika haarself kan teesit in die huidige rondte van kolonialisme.

Ek weet dit is naïef.  Ek weet daar is verskriklike diskriminasie in Suid-Afrika, en dat godsdienstige groepe allerhande haatlike goed voortbraak.  Ek weet dat Afrika nog ‘n paar keer uitgebuit sal word voor die “eerste wêreld” met ons klaar is.  Maar dit vroeg in die dag, en ek het lus om positief te voel.

Advertisements

Published by

Apostaat

Eks-christen, nou geloofsvry. Altyd bereid om ander se standpunte in ag te neem. Ek wil graag 'n gesprek voer oor geloof, kennis en oortuiging. https://www.facebook.com/Apostaat/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s