Hamlet is ‘n Christen!

Op universiteit het ek ‘n Engelse letterkundeklas geneem, en een van die dosente was ‘n wonderlike ou man wat met groot entoesiasme al groter en groter beduie het wanneer hy opgewerk raak oor die woorde.  Die grootste les wat ek ooit by hom geleer het is hoe dit lyk wanneer iemand sy werk liefhet.

Bardolatry

Daar was ‘n oomblik in sy klas oor Shakespeare wat by my vasgesteek het.  Die onderwerp was Hamlet in vergelyking met die middeleeuse bronmateriaal.  Hy wou bitter graag hê dat ons tot ‘n gevolgtrekking kom, en hy het ons gevra wat dit is wat Hamlet se drama soveel meer interessant maak as die soort sages waaruit sy storie gekom het.  Hy het genoeg leidrade neergelê dat ‘n gedagte by my opkom: Die karakters in die sages was heidene.  Hamlet woon in ‘n Christen-wêreld.

Yorick

Ek het niks gesê nie.  Daar was ‘n gevoel dat dit waarskynlik nie die regte antwoord is nie.  Geloof was nooit die regte ding om in ‘n gesprek in te bring nie.  Die ander studente sal vir my lag.  Die dosent sal vir ‘n oomblik na my staar, my jammer kry, en versigtig die beskpreking na meer vrugbare grond verskuif.

Die professor kon dit nie meer hou nie.  Hy dans op sy tiptone, vuiste omhoë, en hy bars: “Hamlet is a Christian!”

Elsinore

In die oomblik het ek bloot onnosel gevoel, dat ek die antwoord geken het en niks gesê het nie.  Nou dink ek terug en ek sien hoe dit my gewoonte was om nie daaroor te praat nie.  Ek was bang mense vat my aan oor my geloof.  En ek het geweet dit was omdat ek nie regtig kon verduidelik hoekom ek sê ek glo nie.  Ek het verkies om nie juis oor geloof te praat nie, en almal rondom my het dit ook maar gedoen.  Miskien het almal besluit hulle het nie lus om stry te kry met iemand wat ‘n ander opinie het nie.

Is dit nie dalk ‘n gevaarlike ding nie?

World of faith

Tot watter mate het ons ‘n verantwoordelikheid teenoor ons medemens om hom te help as hy iets glo wat vals is?  Ek wens daar was mense wat dit vir my gedoen het.  Dit is moeilik om nie te wonder hoe ek sou anders wees as ek vroeër vrygeraak het nie.  As ek nooit vas was nie.

Miskien sou ek dapper genoeg gewees het om my verstand te vertrou wanneer ek ‘n insig het

Miskien maak ek nou vordering daarmee.

En wat van Hamlet?  Ek weet nie regtig nie.  Dit lyk nie asof dit hom vreeslik gebaat het om ‘n Christen te wees nie.  Miskien sal hy, die volgende keer wat iemand sy storie steel, ‘n humanis en wetenskaplike wees.  Dit is nou, tensy jy met my entoesiastiese dosent saamstem dat Harry Potter Hamlet is: “Come on, a young man brooding in a gloomy castle whining about his dead father, where have I heard that story before?”

Harry potter

Advertisements

Published by

Apostaat

Eks-christen, nou geloofsvry. Altyd bereid om ander se standpunte in ag te neem. Ek wil graag 'n gesprek voer oor geloof, kennis en oortuiging. https://www.facebook.com/Apostaat/

One thought on “Hamlet is ‘n Christen!”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s