Wie is Jesus nou eintlik?

Die vraag kom nie van my af nie.  Thomas Dreyer vra dit op Voelgoed Blogs, maar tot my teleurstelling maak hy nie ‘n poging om die vraag te beantwoord nie.  In plaas daarvan om vies te voel dat ek ‘n interessante artikel verwag en niks meer as spookasem vind nie, maak ek self maar ‘n poging.  Dis nog nie duidelik of my kommentaar dit deur die modder van die moderasie sal maak nie, so nou plaas ek dit maar hier ook.

screenshot-131

Wie is Jesus Christus nou eintlik?

Was hy, soos Reza Aslan beweer, ‘n Joodse vryheidsvegter en wandelende geloofsgeneesheer?

Richard Carrier maak nogal ‘n oortuigende argument dat Jesus dalk as ‘n mitologiese figuur onstaan het, en dat hy eers later as histories beskryf is.

screenshot-129

Hoe kan ‘n mens die waarheid uitvind?

Gestel ons weet nie enigiets oor Jesus nie.  In ‘n poging om uit te vind wie hy nou eintlik is, kan ons die beskikbare bewyse ondersoek.  Daar is geen argeologiese bewyse wat hoegenaamd aan ‘n regte historiese Jesus verbind kan word nie.  Dit is nie juis verbasend nie, maar dit beteken wel dat die enigste inligting wat ons het, uit die geskrewe rekord kom.

screenshot-132

Die vroegste tekste wat Jesus noem is Paulus se briewe.  Dit het my onkant gevang die eerste keer wat ek dié idee teëgekom het, maar dink ‘n bietjie: Paulus praat nie oor Jesus as ‘n mens nie.  Sy bekering word veroorsaak deur ‘n visie, en elke keer as hy vir die gemeentes iets namens Jesus sê, is dit aan hom openbaar.  Hy gaan soek nie die oorspronklike apostels om by hulle te leer nie.  Die tradisionele tydlyn sou beteken dat hy nog heelwat ooggetuies sou kon vind in Judea, maar daar is geen sprake dat hy dit probeer het nie.

Nie-bybelse tekste wat aangehaal word as bewys van Jesus se bestaan is óf duidelik vervals óf beskryf die Christus-beweging, eerder as Jesus, met ander woorde dit bewys dat Christene bestaan het, maar nie noodwendig dat Christus ooit bestan het nie.

screenshot-134

Die evangelies is dus die enigste ander bron wat ons enigiets oor Jesus vertel.  Markus word beskou as die oudste van die evangelies, waarskynlik geskryf in  c.AD 66–70, moontlik later.  En daardie woorde is die enigste inligting wat ons het.  Die ander evangelies is waarskynlik eers later geskryf, en geen van die spesifieke gebeurtenisse wat hulle beskryf kom in ander historiese bronne voor nie.

Wie is Jesus Christus nou eintlik?  Ek weet nie.  Kan enigiemand eerlik sê dat hulle weet?

screenshot-130

Advertisements

Published by

Apostaat

Eks-christen, nou geloofsvry. Altyd bereid om ander se standpunte in ag te neem. Ek wil graag 'n gesprek voer oor geloof, kennis en oortuiging. https://www.facebook.com/Apostaat/

12 thoughts on “Wie is Jesus nou eintlik?”

  1. Jesus is my Redder, my Vriend, die Een wat ek werklik vertrou met my lewe, my probleme. Die Een wat my regop hou in die moeilikste tye denkbaar. Jesus is God wat mens geword het. Dis wat Hy vir my is.

    Like

      1. Dit is wat ek glo, ek dwing dit nie op ander af nie en wil glad nie in ‘n stryery hieroor betrokke raak nie. Ek gun elke persoon om te glo wat hulle wil, dit is wat ek glo en dit bring my baie vreugde en rustigheid. Ek het maar net geantwoord op jou vraag, Wie is Jesus. Mooi dag.

        Like

        1. Ek stel ook nie belang in ‘n stryery nie. Ek wil graag verstaan. Jy klink baie seker oor die saak en ek wil graag verstaan hoe jy tot die gevolgtrekking gekom het dat Jesus bestaan (in die sin wat jy noem, natuurlik)

          Like

        2. Ek is baie bly om dit te hoor. Ek ken nie die antwoorde op al die redenasies nie. Tog het jy my vandag laat dink! Op jou vraag hoe ek weet dis Jesus en nie ‘n ander god nie. My kinderlike logika sê vir my, ‘n ander god sou darem nie gemaklik gewees het as hy al die dinge in my lewe doen en ek gee vir God die eer en nie vir hom nie!
          Ek het in ‘n Christenhuis grootgeword en die dinge van kleins af geglo. Met tyd het ek ‘n verhouding met God ontwikkel, Hy was nie net ‘n God daar ver nie, maar al hoe meer aktief in my lewe betrokke. Soos ek reeds gesê het, daar gebeur net te veel toevallighede in my lewe, direkte antwoorde wat van die vreemdste bronne kom, ag ek kan nie alles opnoem nie. Die versekering wat ek het dat Jesus wel die Persoon is wat Hy sê, is in natuurwonders wat gebeur het, bv by sy kruisdood. Maar wat my die meeste oortuig dat dit Hy is, is dat die mense met wie Hy omgegaan het, bereid was om eerder te sterf as om die waarheid te verdraai.

          Like

        3. Ek is bevrees dat die probleem van beperkte historiese bewyse ook by die dissipels en ander ooggetuies opkom. Ek is nie oortuig dat ons eerlik kan sê ons weet wat van hulle geword het nie.
          Die ander soort bewyse wat jy noem – dat jy God voel in jou daaglikse lewe en sy hand in die wêreld waarneem – hoe tref jy onderskeid tussen jou eie gedagtes en God se woord? Hoe identifiseer jy ‘n sekere toeval as ‘n wonderwerk?

          Like

  2. Geloof is nie soos wiskunde wat 1+1=2. Dis hoekom dit geloof is en kan nie altyd met verstand uitgewerk word nie.
    Byvoorbeeld. Ek hou stiltetyd en lees van Johannes die Doper. Ek wonder by myself, hoekom is Johannes die Doper so prominent in die Bybel?
    Ek pak my goedjies op en ry net daar na die groepsbybelstudie, ek sê vir niemand van my vraag nie. Nadat die dominee gebid het, begin hy met die woorde: “Die rede hoekom Johannes die Doper so prominent is …” Sou jy sê dis toevallig?
    Of die aand wat ek ‘n fliek kyk en angstig raak oor my boek wat ek aan die skryf is, en ek kom by my rekenaar en daar is ‘n boodskap op my blog van ‘n onbekende persoon, hy gebruik my presiese woorde wat ek gebruik het en sê ek moet aanhou met wat ek doen. Toeval of nie?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s