Om te dink jy weet

Na ek Sean Carroll se video “God is not a good theory” op Facebook gedeel het, het Udo van AntWoord ‘n stuk gepubliseer waarin hy sê dat die rede wat iemand het om iets te glo maak nie saak as die geloof waar is nie.  In sy eie woorde:

ʼn Mens noem dit ʼn oorsprongsvergissing (the genetic fallacy). Veronderstel my kamer is klankdig en die gordyne toegetrek. Ek kan die oortuiging hê dat dit buite reën, al het ek absoluut geen rede vir waarom die stelling “Dit reën buite” sou ooreenstem met wat werklik die geval is nie, en tog kan dit steeds die geval wees dat dit buite reën. Of ek kan tot die oortuiging kom dat dit buite reën omdat die koekoekhorlosie teen my kamermuur twaalfuur slaan, en ook in hierdie geval kan dit die geval wees dat dit buite reën. Die gronde vir my oortuiging dat dit buite reën is dus nie rasioneel nie, maar sulke nie-rasionaliteit in hoe my oortuiging gevorm het, maak die werklikheid waarop die oortuiging dui (dat dit buite reën) nie opsigself vals nie.

Ek stem natuurlik nie saam met Udo nie.  Ek het nooit beweer dat ‘n irrasionele rede vir ‘n oortuiging beteken dat dit vals is nie.  My standpunt is dat jy nie iets weet as jy ‘n foutiewe epistemologie gebruik om daarby uit te kom nie.

Udo vra toe:

Spesifiek waar en hoe ondermyn [Sean Carroll] die idee dat God die beste verduideliking is vir bepaalde aspekte van die heelal?

Carroll se punt – en ek stem met hom saam – is dat God nêrens waarneembaar is nie.  Dit is iets wat jy slegs kan weet as jy bereid is om na die waarheid te soek.  As jy in daardie klankdigte vertrek is, met die gordyne toe, en ek vra jou, “Reën dit buite?” en jy sê, “Ja.  Die koekoekhorlosie sê vir my dit reën buite” dan is jy oneerlik.

Want jy weet nie of dit buite reën nie.  En jy weet nie of die koekoekhorlosie reg is nie.  En jy weet nie of die horlosie regtig met jou praat of jy jou bloot verbeel nie.

God is nêrens waarneembaar nie.  Voordat jy hom kan beleef is daar altyd die vereiste dat jy moet glo hy is daar.  Daar is altyd die vereiste dat jy die koekoekhorlosie moet vertrou en dat jy moet weier om die gordyn oop te trek.

screenshot-144

Dit is nie ‘n opsie vir iemand wat die waarheid soek nie.  Dit is nie eerlik om aan jou vooropgestelde idees vas te klou as meer inligting beskikbaar is nie.

Ek weet dit is moeilik.  Dit is maklik om uit te vind of dit buite reën, maar veel moeiliker om uit te vind of daar goeie redes bestaan om in God te glo.  As jy in ‘n gemeenskap woon waar almal rondom jou sê hulle glo – en jy weet dat dit mense sal omkrap as jy hulle sou teëstaan – is die maklike uitweg om maar saam te speel.  Dit is maklik om te maak of jy glo.  Om die wêreld te verstaan vat werk.  Dit vat werk om te dink oor moraliteit en watter beginsels regtig vir jou belangrik is en hoe jy jou omgewing wil beïnvloed.  Dit vat werk om te dink oor hoe jy jou beperkte tyd op hierdie aarde gaan gebruik.  Dit is maklik om te maak asof jy glo dat dit in iemand anders se hande is.  Asof jy virewig ‘n kind is wat in sy pa se huis kan bly.

‘n Christen het my ‘n rukkie terug gevra: “Wat as jy verkeerd is?”

Nou vra ek dieselfde vraag vir enige Christen wat hierdie woorde lees:  Wat as jy verkeerd is?  Wat as die stem in jou kop wat jou gids en troos is, jý was?  Al daardie kere wat jy ‘n briljante ingewing gehad het, elke goeie idee, elke slim plan, elke grap, elke keer wat jy die regte ding sê om iemand anders te help, wat as dit jý was?

Jy is tog alreeds bewus daarvan dat al die foute, die vegissings, die slegte keuses, die vrot planne… jy weet tog dít was alles jy.  Wat as die goeie goed ook uit jou uit gekom het?

Party gelowiges raak skrikkerig wanneer hulle hieroor dink.  Hulle hou nie van die idee dat ons op ons eie is nie.  Hulle wil nie hê dat ons elkeen alleen in ons verstand moet wees nie.  En dan ignoreer hulle die feit dat die waarheid nie beïnvloed word deur wat mense wil hê nie.  Hulle kies om iets te glo omdat hulle wil hê dit moet waar wees, en vermy die verantwoordelikheid wat ons het as deel van die mensdom.  Elke mens met die vermoë om te dink het die verantwoordelikheid om te dink.  As jy hoegenaamd belangstel in die waarheid moet jy daarna soek.

Om te sê jy weet wanneer jy nie regtig weet nie, is ‘n leuen.

Advertisements

Published by

Apostaat

Eks-christen, nou geloofsvry. Altyd bereid om ander se standpunte in ag te neem. Ek wil graag 'n gesprek voer oor geloof, kennis en oortuiging. https://www.facebook.com/Apostaat/

3 thoughts on “Om te dink jy weet”

  1. Dit is meer die geval dit die ateis gebreinspoel is. Hy sit in die kame, en hy se hy kan nie hoor of dit reen nie. Hy hoor die reen dak, maar se vir homself, “Ja, maar dit kan ook die TV wees wat aan is of dalk my verbeelding” Hy hoor die donderweer slaan, maar se vir homsef, “Ja, maar dit kan ook die horlosie teen die muur se koek-koek deuntjie wees. Hy kyk by die venster uit en sien dat dit buite reen, maar se vir homself dat, “Ja, maar dit kan ook ‘n TV skerm wees en ‘n fliek speel waarin dit reen, dit is nie werklik nie”

    God is waarneembaar orals om jou en my. Kolessense 1:17 dat Jesus is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. Dit is nie net die natuur en die beweeging van die son en maan wat instand deur God gehou word nie, self elke molekule en atoom word in plek gehou deur Hom.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s