Beplande protes by Reason Rally 2016

Op 2 – 5 Junie vanjaar gaan die tweede Reason Rally in Washington DC plaasvind.  Verskeie organisasies werk saam met die doel om godsdiens uit die regering te hou, met veldtogte vir wetenskaponderrig en gay regte en teen staatsondersteuning van godsdienstige organisasies.

Een van die mense wat daarna uitsien is Ray Comfort, kreasionis en Nieu-Seeland se nasionale verleentheid.  As jy nie bewus is van hom nie, kyk gerus hierdie wonderlike video waarin hy verduidelik hoe ‘n piesang kan gebruik om te demonstreer dat God die wêreld geskep het: Lees verder Beplande protes by Reason Rally 2016

Advertisements

Welgeskape

In die begin het ek gedink die Bybelse skeppingsverhaal is bloot ‘n bietjie onprakties.  Byvoorbeeld, hoe kan lig bestaan voor die son?  Die idee dat ‘n hele skepping ses dae sou neem was só duidelik ‘n figuurlike beskrywing dat ek skaars aandag gegee het aan dié (veel groter) illogika.  Ek het geweet die dinosourusse het miljoene jare gelede geleef, en dat mense toe nog nie bestaan het nie.  Die Bybel is ook vol stories wat ons allerhande goed moet leer, so hoekom sal so ‘n blatante mite letterlik bedoel word? Lees verder Welgeskape