Soek en jy sal uitvind

Waarna het ek gesoek toe ek ‘n Christen was?

Die gevoel dat God daar is. ‘n Manier om seker te wees dat ‘n idee wat by my opgekom het van die Heilige Gees af kom, eerder as van myself af. Daardie warm gevoel van liefde wat ander gelowiges soms beskryf. ‘n Manier om sin te maak uit die skrif wanneer dit nie vir my sinmaak nie. ‘n Manier om te weet my gebede word gehoor. ‘n Manier om God se volledige plan te vereenselwig met die idee dat ons gebede hom kan beïnvloed. ‘n Manier om die optrede van die geleerdes in die kerk te vereenselwig met die morele lesse van Jesus. ‘n Manier om te verstaan hoekom die kerk in soveel stukkies geskeur is, as God dan die waarheid kan bekend maak.

Ek het gesoek na hierdie dinge omdat ek nie bloot kon maak asof ek níé vrae het nie. Ek het gebid, en gelees om te soek na antwoorde. Vir jare was ek oortuig dat ek net nie goed genoeg verstaan nie. Dit het nie by my opgekom om te dink dat God dalk nie bestaan nie. As ek daaroor sou dink, sou ek sê: Natuurlik bestaan God. Almal sê so. So daar moet ‘n manier wees vir al hierdie ander goed om sin te maak.

Lees meer Soek en jy sal uitvind

Iets eerder as niets

Geen apologetiek, lyk dit my, vat lank om by dié vraag uit te kom nie: “Hoekom is daar iets, eerder as niks?”

Dit is ‘n goeie vraag.  Die antwoord is nie onmiddelik sigbaar nie.  Selfs al verstaan jy fisika en kosmologie genoeg om sommige van die implikasies van die Oerknal te kan begryp, kan jy nie veel verder kom as dit nie.  Ons weet bloot nie wat, indien enigiets, bestaan het voor die Oerknal nie.

Dit is frustrerend, nè?  Dit is frustrerend om ‘n vraag te vra sonder dat jy by ‘n antwoord kan uitkom.  Veral deesdae, wanneer jy binne sekondes enigiets kan Google en antwoorde kan vind.  Die werklikheid is natuurlik dat daar nog altyd vrae was wat mense nie kon beantwoord nie.  Daar was ‘n tyd toe mense nie geweet het hoekom die son opkom en ondergaan, of hoekom die maan die getye veroorsaak nie.  Deesdae kan ons met ‘n redelike vertroue sê dat ons wel weet, maar voordat swaartekrag voldoende as ‘n teorie geformuleer was, was daar sekerlik mense wat sou voorhou dat Helios die son oor die hemelruim uit sy strydwa aanjaag, of dat Rona die seegodin verantwoordelik vir die getye, deur die maan ontvoer is.  Hulle sou dit dalk bloot as ‘n storie vertel, of hulle sou dalk ten volle oortuig gewees het dat hulle werklik die vraag korrek verduidelik. Lees meer Iets eerder as niets

Seks en die Bybel

Die sogenaamde “gay-debat” by die NG-Kerk se sinode moedig mense aan om oor moraliteit en seksualiteit te dink, en dit het ook daardie effek op my.  Tinus van Zyl skryf in die Kerkbode oor wat presies dit is wat ‘n daad sonde maak.  Hy skryf dat seks binne die huwelik “sonde kan wees – as ‘n man sy vrou verkrag”.

Dié gedagte krap aan my.  Watter van die gebooie verbreek die man dan?  ‘n Vrou moet dan onderdanig wees.  ‘n Vrou gaan dan van een meester na ‘n ander wanneer sy uit haar pa se huis na haar man sin toe trek.  ‘n Vrou is tog skuldig aan haar eie verkragting as sy nie hard genoeg om hulp roep nie.

Dit is nie genoeg vir ‘n vrou om vir ‘n man “nee” te sê nie.  Sy moet seker maak iemand ander hoor haar, anders is sy net so skuldig soos hy.  En hy word slegs gestraf as sy reeds getroud is.  ‘n Man wat ‘n ongetroude vrou verkrag moet met haar trou en kan nie van haar skei nie. Lees meer Seks en die Bybel

Oor waarneming en logika

“God is nêrens waarneembaar nie” het ek geskryf en Udo antwoord:

Ek neem aan dat Apostaat bedoel dat God nêrens empiries waarneembaar is nie. Ja, God is nie ʼn fisiese entiteit wat met die sintuie waargeneem of deur die wetenskaplike metodologie ondersoek kan word nie. My oortuiging dat God bestaan en wat my in staat stel om Hom ook te beleef, is egter nie gebaseer of afhanklik van empiriese feite nie. Die vorming van my oortuiging dat God bestaan lê op dieselfde vlak as my oortuiging van estetiese, morele en logiese waarhede en wat met empiriese verifiëring niks te doen het nie.

Hier verskil ek met Udo: Estetiese, morele en logiese waarhede het baie te doen met empirise verifiëring. Wat ons weet oor mekaar en oor die wêreld is die resultaat van waarneming en eksperimentasie.  Ons neem mense waar sodat ons kan bepaal of ons hulle kan vertrou.  Ons bestudeer die wêreld en leer hoe goed in mekaar steek.  Ons pas toe wat ons geleer het en vind uit of ons reg was oor wat ons gedink het.  Ons pas ons idees van logika aan wanneer ons nuwe inligting teëkom.

Ja, logika gebeur in jou verstand, maar dit beteken nie dit het niks te doen met wat jy kan waarneem nie. Lees meer Oor waarneming en logika

Geloof en toeval

Ek en Toortsie gesels mos tog te lekker die afgelope week, in die kommentaar op my vorige plasing Wie is Jesus nou eintlik?  Ek ken nie vir Toortsie persoonlik nie, maar ek waardeer dat sy eerlik aan die bespreking deelneem.

Sy verduidelik dat geloof “nie altyd met verstand uitgewerk [kan] word nie”.  Ter voorbeeld vertel sy dat haar dominee ‘n vraag aanspreek waaroor sy gewonder het, maar nie gevra het nie.  “Sou jy sê dis toevallig?” vra sy. Lees meer Geloof en toeval

Hamlet is ‘n Christen!

Op universiteit het ek ‘n Engelse letterkundeklas geneem, en een van die dosente was ‘n wonderlike ou man wat met groot entoesiasme al groter en groter beduie het wanneer hy opgewerk raak oor die woorde.  Die grootste les wat ek ooit by hom geleer het is hoe dit lyk wanneer iemand sy werk liefhet.

Bardolatry

Lees meer Hamlet is ‘n Christen!

Heilig, heilig, heilig

Ek kan soort van onthou toe ek geleer het wat die woord “heilig” beteken.  Natuurlik het ek die woord geken.  Ek moes dit ‘n honderd maal of meer hoor voor ek kon praat.  Natuurlik het ek vaagweg ‘n idee gehad oor wat dit beteken.  As iemand my sou vra – niemand het ooit nie – sou ek seker gesê het: “Suiwer, skoon.  Sonder sonde.  Reg.  Soos God my wil hê.”

Ek kan nie onthou hoe oud ek was, of wat die onderwerp onder bespreking was nie.  Dit was ons Dominee aan die woord… of was dit sy vrou?  Al wat ek regtig onthou is die verduideliking:  “…weet julle wat “heilig” beteken?  Dit beteken opsy gesit vir God.” Lees meer Heilig, heilig, heilig