Uitverkore

kinderbybelNoudat ek opnuut oor al dié dinge dink, val dit my mos op dat ek die Ou Testament lank terug gelees het.  Gisteraand wonder ek mos presies hoe Abraham se storie begin, en lees toe ‘n bietjie weer in Genesis.

Soos wat ek lees onthou ek die prentjies uit die Kinderbybel wat ons gehad het as kinders.  (Angus McBride se illustrasies is gewoonlik die basis van hoe ek my enigiets uit die Bybel voorstel) Só onthou ek Noag se ark, en die reënboog daarna, en die toring van Babel.  Maar ek het nie ‘n prentjie vir ‘n kort verhaaltjie in Genesis 12 nie.  Abram en sy familie kom skaars in die beloofde land aan, of daar’s ‘n hongersnood en hulle vlug Egipte toe.  Daar aangekom, en Abram se blink plan om te verhoed dat enige Egiptenaar hom doodmaak ter wille daarvan om Sarai by hom te steel is om te sê hulle is broer en suster.  Kort voor lank is die farao op haar verlief, en neem haar om by hom in sy paleis te gaan bly. Lees verder Uitverkore

Advertisements