Oor waarneming en logika

“God is nêrens waarneembaar nie” het ek geskryf en Udo antwoord:

Ek neem aan dat Apostaat bedoel dat God nêrens empiries waarneembaar is nie. Ja, God is nie ʼn fisiese entiteit wat met die sintuie waargeneem of deur die wetenskaplike metodologie ondersoek kan word nie. My oortuiging dat God bestaan en wat my in staat stel om Hom ook te beleef, is egter nie gebaseer of afhanklik van empiriese feite nie. Die vorming van my oortuiging dat God bestaan lê op dieselfde vlak as my oortuiging van estetiese, morele en logiese waarhede en wat met empiriese verifiëring niks te doen het nie.

Hier verskil ek met Udo: Estetiese, morele en logiese waarhede het baie te doen met empirise verifiëring. Wat ons weet oor mekaar en oor die wêreld is die resultaat van waarneming en eksperimentasie.  Ons neem mense waar sodat ons kan bepaal of ons hulle kan vertrou.  Ons bestudeer die wêreld en leer hoe goed in mekaar steek.  Ons pas toe wat ons geleer het en vind uit of ons reg was oor wat ons gedink het.  Ons pas ons idees van logika aan wanneer ons nuwe inligting teëkom.

Ja, logika gebeur in jou verstand, maar dit beteken nie dit het niks te doen met wat jy kan waarneem nie. Lees meer Oor waarneming en logika

Geloof en toeval

Ek en Toortsie gesels mos tog te lekker die afgelope week, in die kommentaar op my vorige plasing Wie is Jesus nou eintlik?  Ek ken nie vir Toortsie persoonlik nie, maar ek waardeer dat sy eerlik aan die bespreking deelneem.

Sy verduidelik dat geloof “nie altyd met verstand uitgewerk [kan] word nie”.  Ter voorbeeld vertel sy dat haar dominee ‘n vraag aanspreek waaroor sy gewonder het, maar nie gevra het nie.  “Sou jy sê dis toevallig?” vra sy. Lees meer Geloof en toeval

Beplande protes by Reason Rally 2016

Op 2 – 5 Junie vanjaar gaan die tweede Reason Rally in Washington DC plaasvind.  Verskeie organisasies werk saam met die doel om godsdiens uit die regering te hou, met veldtogte vir wetenskaponderrig en gay regte en teen staatsondersteuning van godsdienstige organisasies.

Een van die mense wat daarna uitsien is Ray Comfort, kreasionis en Nieu-Seeland se nasionale verleentheid.  As jy nie bewus is van hom nie, kyk gerus hierdie wonderlike video waarin hy verduidelik hoe ‘n piesang kan gebruik om te demonstreer dat God die wêreld geskep het: Lees meer Beplande protes by Reason Rally 2016

Vervloek

Ek vind dit nou verbasend, maar die sondeval het nie ‘n groot rol gespeel in my verhouding met die Christen-geloof nie.  Dit was agtergrond, ‘n dramatiese storie wat die res van die teks aan die gang kry.  Ek het my nie daaraan gesteur nie, want dit was duidelik ‘n mite sonder veel historiese waarheid.  Dis mos nog ‘n Bybelstorie wat bedoel is om ons te leer om gehoorsaam te wees, maak nie saak hóé nuuskierig ons is nie.  Wat is die nut daarvan om dit van nader te beskou? Lees meer Vervloek