‘n Gebore Christen

Christenskap was nie ‘n keuse vir my nie.  Die kerk was deel van die lewe vir solank as wat ek kan onthou, en in my jonger dae het dit nooit by my opgekom om my teë te sit nie.

Toe ek ‘n kind was het ek soos ‘n kind geglo.  Ek het gehou van kerk toe gaan.  My ouers was nie vreeslik sosiaal nie, en die kerk was ‘n geleentheid om by ander mense te wees.  Die grootmense sou gedurig eindeloos vergader, en dan kon ek en die ander kinders lekker speel in die kerk: onder die banke, in die saal, agter die klein verhogie.  Kanseltrappies op – genade, dis ‘n groot Bybel dié – en as ek op my tone staan kan ek amper vir die leë banke preek. Lees verder ‘n Gebore Christen

Advertisements