Geloof en toeval

Ek en Toortsie gesels mos tog te lekker die afgelope week, in die kommentaar op my vorige plasing Wie is Jesus nou eintlik?  Ek ken nie vir Toortsie persoonlik nie, maar ek waardeer dat sy eerlik aan die bespreking deelneem.

Sy verduidelik dat geloof “nie altyd met verstand uitgewerk [kan] word nie”.  Ter voorbeeld vertel sy dat haar dominee ‘n vraag aanspreek waaroor sy gewonder het, maar nie gevra het nie.  “Sou jy sê dis toevallig?” vra sy. Lees meer Geloof en toeval

Wie is Jesus nou eintlik?

Die vraag kom nie van my af nie.  Thomas Dreyer vra dit op Voelgoed Blogs, maar tot my teleurstelling maak hy nie ‘n poging om die vraag te beantwoord nie.  In plaas daarvan om vies te voel dat ek ‘n interessante artikel verwag en niks meer as spookasem vind nie, maak ek self maar ‘n poging.  Dis nog nie duidelik of my kommentaar dit deur die modder van die moderasie sal maak nie, so nou plaas ek dit maar hier ook.

screenshot-131

Wie is Jesus Christus nou eintlik?

Lees meer Wie is Jesus nou eintlik?

Die enigste redder en verlosser

Soos ek reeds geskryf het, is die idee van die sondeval vir my problematies.  Die verhaal is duidelik ‘n mite, ‘n eenvoudige etiologiese verhaal om te verduidelik hoekom die lewe dikwels onaangenaam is.  Wat my opval is dat God baie duidelik sê wat die straf vir die mens se ongehoorsaamheid is: Swaarkry, harde werk, pyn en eindelik die dood.  Hy stuur nie Adam en Eva hel toe nie, en hy sê ook nie dat daar enige manier is om saligheid te herstel nie.  Die verhaal is ‘n mitologiese verduideliking vir hoekom mense swaarkry en sterf. Lees meer Die enigste redder en verlosser