Seks en die Bybel

Die sogenaamde “gay-debat” by die NG-Kerk se sinode moedig mense aan om oor moraliteit en seksualiteit te dink, en dit het ook daardie effek op my.  Tinus van Zyl skryf in die Kerkbode oor wat presies dit is wat ‘n daad sonde maak.  Hy skryf dat seks binne die huwelik “sonde kan wees – as ‘n man sy vrou verkrag”.

Dié gedagte krap aan my.  Watter van die gebooie verbreek die man dan?  ‘n Vrou moet dan onderdanig wees.  ‘n Vrou gaan dan van een meester na ‘n ander wanneer sy uit haar pa se huis na haar man sin toe trek.  ‘n Vrou is tog skuldig aan haar eie verkragting as sy nie hard genoeg om hulp roep nie.

Dit is nie genoeg vir ‘n vrou om vir ‘n man “nee” te sê nie.  Sy moet seker maak iemand ander hoor haar, anders is sy net so skuldig soos hy.  En hy word slegs gestraf as sy reeds getroud is.  ‘n Man wat ‘n ongetroude vrou verkrag moet met haar trou en kan nie van haar skei nie. Lees meer Seks en die Bybel

Uitverkore

kinderbybelNoudat ek opnuut oor al dié dinge dink, val dit my mos op dat ek die Ou Testament lank terug gelees het.  Gisteraand wonder ek mos presies hoe Abraham se storie begin, en lees toe ‘n bietjie weer in Genesis.

Soos wat ek lees onthou ek die prentjies uit die Kinderbybel wat ons gehad het as kinders.  (Angus McBride se illustrasies is gewoonlik die basis van hoe ek my enigiets uit die Bybel voorstel) Só onthou ek Noag se ark, en die reënboog daarna, en die toring van Babel.  Maar ek het nie ‘n prentjie vir ‘n kort verhaaltjie in Genesis 12 nie.  Abram en sy familie kom skaars in die beloofde land aan, of daar’s ‘n hongersnood en hulle vlug Egipte toe.  Daar aangekom, en Abram se blink plan om te verhoed dat enige Egiptenaar hom doodmaak ter wille daarvan om Sarai by hom te steel is om te sê hulle is broer en suster.  Kort voor lank is die farao op haar verlief, en neem haar om by hom in sy paleis te gaan bly. Lees meer Uitverkore