Dit was ‘n verligting toe ek dit eindelik erken. Dit het gevoel soos daardie oomblik wat jy besef dat die persoon van wie jy hou, ook vir jou gevoelens het. Dit was nie op daardie oomblik asof ek ‘n las ontsnap het nie. Wat ek gevoel het was vreugde en opwinding oor al die dinge was skielik moontlik was.
Ek was verlig oor ek kon ophou dubbeldink. Ek was lankal moeg vir die dramateks wat ek gedurig moes uitvoer: Ek ken die Bybel en ek het genoeg verstand om argumente aanmekaar te slaan. My mikpunt was altyd om nét genoeg deel te neem dat die aandag nie by my talm nie.
Dit is steeds nie my bedoeling om aandag te trek nie. Ek skryf hier anoniem omdat ek nie gereed is om my familie se harte te breek nie. Tog kan ek nie ontken dat dit ‘n onderwerp is waaroor ek gereeld dink en lees nie, so hierdie blog se doel is tans om ateïsme en afvalligheid te bespreek. Ek skryf in Afrikaans omdat ek wens daar was meer inligting beskikbaar oor Afrikaners se geloofstryd, hulle twyfel, en hulle apostase.
So, ek is beide ‘n ateïs en ‘n apostaat, maar dit is die apostase waaroor ek dink. Ek voel die skeiding tussen my en die kerk, tussen my en Christene, en dan ek dink: “Kom kyk hoe lyk dinge van hierdie kant af!” Dit hou vir my ‘n vreemde fasinasie in dat party mense opreg glo, party mense nie glo nie maar steeds godsdienstig optree, en ‘n hele klomp ander mense vaagweg sal aanvoer dat God bestaan en dat almal maar moet probeer om goed op te tree.
Laat gerus vir my weet wat julle dink oor wat ek te sê het. Meningsverskille is te verwagte, maar ek dink dit kan na produktiewe gesprekke lei.
Hello die sin wat se ” ek het net genoeg deelgeneem sodat die aandag nie op my mik nie” ek verstaan daai een. Ek is spiritual meer free spirit, Christian groot geword. Maar rede hoekom ek comment is om te vra wat het jou laat nie glo nie?
LikeLike
Dit was ‘n proses vir my, eerder as ‘n insident of een spesifieke detail. Ek hoop om in toekomstige posts aspekte daarvan te bespreek, so kom gerus terug!
LikeLike
Ek dink jy moet ja so stuk vir stuk, help ook mens beter voel en deur dinge wat pla en so te werk. Ek sal beslus. Ek follow jou sal nie wil jou post mis nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook hierdie pad gestap – in 1997. My ouers en familie het my keuse aanvaar – hoeveel hartseer dit veroorsaak het, weet ek nie, maar ons kuier steeds saam wanneer ons kan, en ek glo dat hulle ten minste saamstem dat mens nie ‘n leuen moet lewe nie.
Mens moet ook maar uitkom daarmee, want hoe meer mense dit doen, hoe meer sosiaal aanvaarbaar word dit, en so word al hoe meer mense bevry van iets wat hulle (en die wereld) werklik net terug hou.
LikeLike
Ek het beslis dit as ‘n bevryding ervaar, en ek stem saam met wat jy sê. Hopelik sal ek binnekort dapper genoeg wees daarvoor.
LikeLike
Ek is effens aan die ander kant van dié swembad. Ek glo… MAAR daarmee saam vind ek mense wat anders as ek dink en glo en doen verfrissend. Ek respekteer jou én jou woorde – opregtheid en eerlikheid is iets wat my trek – en dink hier lê vir jou ‘n wonderlike reis voor as blogger. Dankie vir jou eerlikheid EN dat jy nie mense wat anders glo veroordeel of uitsluit nie.
LikeLiked by 1 person
Jy glo nie want julle bestudeer net die een kant. Die kant wat tans as die meerderheid beskou word, die populere kant. Die waarheid deur die geskidenis kon gevind word in die minderheidsgroep en baie selde gevind word in the meerderheidsgroep.
LikeLike
Is daar tans meer ateïste as gelowiges in die wêreld?
LikeLike
As ek mag antwoord – nee daar is meer gelowiges, maar godsdiens boer agteruit in die Weste en lande met hoë opvoedingsvlakke, terwyl die Christen en Moslem gelowe tradisionele godsdienste vervang in arm lande.
LikeLike